Monday 24 November 2014
Home / News / Hombré-manskoshuis sy HK kwyt oor drankorgie

Die primarius en onderprimarius van die Hombré-manskoshuis aan die Noordwes-Universiteit (NWU) hier is geskors hangende ‘n ondersoek na ‘n beweerde drankorgie en vandalisme.
Nog drie huiskomiteelede en drie seniors is weens dieselfde bewerings geskors. Hulle sal op 13 Junie saam met Louis Gilles Janse van Rensburg (primarius) en Gerard Munnik (onderprimarius) ‘n tugverhoor kry, berig Susan Cilliers van Beeld.
Nog vier HK-lede is van hul pligte onthef en koshuisstatus ontneem, het die NWU-Pukke in ‘n verklaring gesê. Dit beteken in praktyk dat die koshuis sy hele HK (nege lede) kwyt is.
Luidens die verklaring spruit die skorsing uit ‘n sogenaamde gang-aksie verlede Vrydagaand in die koshuis. Drank is glo misbruik en skade van etlike duisende rande in die koshuis aangerig. Die studente het glo gerook en drink terwyl dit nie in die kos-huis toelaatbaar is nie.
Meubels is glo beskadig, brandblussers in ‘n gang en kamer uitgespuit, bottels gebreek en glo “onverskillig” teenoor ander koshuisinwoners opgetree.
Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Pukke, het gesê vergrype en wanpraktyke sal nie geduld word nie.
Dit is ontoelaatbaar en weer spieël nie die universiteit se waardes nie. Daar word van bestuurslede in koshuise verwag om ‘n goeie voorbeeld te stel.”

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
bottom