Posbus 20042 , Noordbrug , 2522
Dit is uiteraard nie moontlik om in beperkte ruimte reg te laat geskied aan Gimnasium se veelbewoë en roemryke verlede nie. Daarom word hier volstaan met slegs enkele grepe uit die skool se ontstaans- en wordingsjare.
Die ontstaan van die skool is nou verweef met die CNO-gedagte – ‘n erfenis vanuit die Europese stamlande. Reeds vroeg in die 19’e eeu egter is die uitlewing van dié ideaal ook hier te lande deur die liberale gees wat vanaf die Franse Revolusie uitgegaan het.
Grootliks bedreig. Ouerseggenskap en kerklike inspraak moes daarom ten alle koste in die onderwys behou word en so is daar in 1902 te Pretoria ‘n “Algemene Kommissie tot behartiging van Chris-telik-nasionale Onderwys gestig. Hierdie kommissie is allerweë heelhartig deur die drie Afrikaanse kerke onder-steun.