News / Roxanne Bailey het haar vinger op die knoppie

Sedert haar kinderdae het Roxanne gedroom
om op Noot vir Noot te wees. Aanhangers
van die reeks behoort te weet
dat haar droom wel onlangs waar geword het.
Potchefstroom se eie Roxanne Bailey
het nou al deur twee rondtes van die
37ste seisoen van Noot vir Noot deurgedring
en verskyn Vrydag, 10 Augustus in
die finaal.
Hierdie Potch-meisie is besig met haar
meestersgraad aan die NWU Puk en is
baie trots daarop om as ‘n student deel te
neem aan die spel. Haar liefde vir musiek
het sy te danke aan haar ouerhuis waar
sy van vroeg af geleer het om musiek te
waardeer. Beide haar ouers is ook musikaal
en die feit dat sy uit ‘n tweetalige
huis kom beteken sy het met ‘n baie diverse
musiekkennis grootgeword.
Alhoewel dit een van haar drome was om
deel te neem, het dit baie oorreding van
’n vriendin geneem om haar te kry om
vir ‘n oudisie te gaan, maar sy is glad
nie spyt dat sy het nie. “Dit was ’n ongelooflike
ervaring om aan Noot vir Noot
deel te neem en ek dink dit is waarlik ’n
hoogtepunt in my lewe”, sê Roxanne. Sy
loof die hele produksiespan oor hul ongelooflike
organisasievermoë en sê hul
is soos die beste geoliede masjien wat
sy al ooit teëgekom het. “Hul laat jou op
jou gemak voel en stel jou gerus. Almal
daar is vriendelik en teen die tyd wat die
kameras
aangaan is die deelnemers nie
meer vreemdelinge nie.”
Die oomblik wat Roxanne die graagste
sal wil uitlig, was toe daar ’n bejaarde
dame langs haar gesit het met een van
die opnames. Toe dit Roxanne se beurt
was om deel te neem het die tannie gesê
sy sal vir haar duim vashou. Toe Roxanne
wen, het die tannie op die verhoog gehardloop
en haar ’n groot soen gegee.
Roxanne het reeds die boerpot in die
semi-finaal gewen maar sê dat die ongelooflike
belewenis baie meer werd was
as die geld wat sy gewen het en dat sy dit
definitief weer sou doen, al sou sy nie ‘n
sent wen nie, maar sê ook dat so ‘n finansiële
bonus vir ‘n student nie te versmaai
is nie.
Ons almal wens vir Roxanne voorspoed
toe en is baie trots daarop om nog ’n
Potchefstromer daar te hê. Die final van
Noot vir Noot sal Vrydagaand om 19:30
op SABC 2 uitgesaai word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2013-05-26
Please select your area for forecast
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs