Die Potchefstroom Dierebeskermingsvereniging (DBV) nooi inwoners om hul diere vir gratis hondsdolheid-inentings na hul perseel te bring.
Die hondsdolheid-inentings word in samewerking met beamptes van die Potchefstroom staatsveeartskantoor en met behulp van dr. Sameer Abbas (Spruit Veterinary Clinic) en dr. Barbara Gillespie (Mooirivier Dierekliniek) gedoen.
Dit sal gedurende Julie elke Vrydagmiddag tussen 13:00 en 17:30 geskiet.
Almal is welkom om hulle katte en honde (ouer as 3 maande) na die DBV-perseel te neem vir inenting.
Skakel die kantoor by (018) 294 3856 of die noodnommer by 084 501 8668 vir aanwysings en meer inligting.