News / Navrae sterf ’n stille dood

Navrae rondom die verkeersbeampte wat deur die stadsraad aangestel is sonder dat hy voldoen aan die minimum vereistes, is steeds onbeantwoord.
Daar is bewerings dat Sebolai Blaai Tladi nie matriek het nie en dus nie as verkeersbeampte kan kwalifiseer nie.

Tladi is ook glo al gewaarsku om nie by wetstoepassingsaangeleenthede betrokke te wees nie. Hy was egter saam met Pape Hadebe op 2 Junie toe hy me. Hesta Kotze van Klerksdorp, voor Mediclinic Potchefstroom in hegtenis geneem het.

Sover vasgestel kan word is dit glo dieselfde verkeersbeampte wat op 8 Augustus verlede jaar op die N12 na Klerksdorp omgery is. Tladi en ’n kollega was besig om hul normale pligte uit te voer toe Tladi deur ’n Corsa-bakkie getref is.
Navrae oor wie Tladi se hospitaal onkos­tes gedek het omdat hy volgens wet nie as ’n verkeersbeampte kon kwalifiseer nie is steeds onbeantwoord. Hoewel een van die verkeersopleidingskollege se vereistes is dat mens minstens matriek moet hê, het hy steeds ’n pos as verkeersbeampte by die raad gekry.

Die Herald het ook nog geen kommentaar oor wie verantwoordelikheid vir sy aanstel­ling dra, ontvang nie. Dis tans onseker watter amp Tladi volgens wet by die verkeersafdeling beklee en of hy by beide dié twee voorvalle buite sy magte opgetree het. Dit is ook steeds nie bevestig of daar ’n interne ondersoek teen Hadebe geloots is nie. Hadebe, het Kotze voor Mediclinic Potchefstroom in hegtenis geneem nadat sy versuim het om te stop toe hy haar wou aftrek. Kot­ze was met haar nood- en hoofligte aan van Klerksdorp na Potchefstroom onderweg om haar sterwende pa te groet.

Hadebe, wat glo ’n liggaamsbouer is, het Kotze met pepersproei in haar oë gespuit, op die grond gegooi, haar met sy knie op die grond vasgedruk en haar geboei.
Die vrae rondom die bewerings dat hy al gewaarsku is dat sy vuurwapen van hom af weggeneem sal word as gevolg van sy humeur, is steeds onbeantwoord.
Die Herald het nog geen kommentaar van mnr. William Maphosa, woordvoerder van die stadsraad, hieroor ontvang nie.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Wednesday 2013-06-19
Please select your area for forecast
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs