Home / Features / 20 jaar gelede: So lyk Ikageng in 1992

Hoofnuus op Dinsdag 23 Junie 1992 was dat die stadsraad tariefverhogings aangekondig het. Die berig sê dat die waarde van ’n gemiddelde erf met of sonder ’n woonhuis daarop, toe R18 215 was. Na ’n styging van 20% sou eiendomsbelasting vir so ’n erf toe R8.84 wees.

Al die verhogings in ag geneem, sou ’n gemiddelde munisipale rekening maandeliks R9.62 meer wees.
Met die bou van die verbypad om Ventersdorp na Coligny was eienaars van ondernemings bevrees dat dit die dorp in ’n spookdorp sou verander
In ’n onderhoud van die Herald met die administrateur van Ikageng het hy gesê dat ’n gesamentlike stadsraad onafwendbaar is. Hy het ook gesê dat die lewering van noodsaaklike dienste aan Ikageng gekort-wiek word deur die gebrek aan infrastruktuur en dat die stadsraad wel die vermoë het om dié infrastruktuur te verskaf.

Teerstrate in die woongebied het toe sowat 17 km beslaan, terwyl daar 68 km ongeteerde strate was. Daar was drie hoërskole, elf laerskole en een kleuterskool. Vir sport het die geriewe bestaan uit die sportstadion, twee sokkervelde, een netbalbaan, een vlugbalbaan en drie tennisbane.
Besighede in die gebied het bestaan uit dertig algemene handelaars, twee slaghui-se, twee haarkappers, drie restaurante, nege hout-en-kole ondernemings, twee drankwinkels en een petrolvulstasie. Daar was sewentien geregistreerde biertuine (taverns) en ongeveer sestig ongeregistreerde “taverns”.

Hy raam die bevolking van Ikageng toe op 96 000 en sê dat sowat sewe mense gemid-deld in een woning bly. Die gemiddelde maandelikse inkomste per persoon was toe R300 per maand. Aan die einde van Mei 1992 het inwoners van Ikageng die stadsraad meer as R2 miljoen geskuld.

’n Oud-Gimmie is swaar gewond toe sy op ’n jagplaas naby Thabazimbi geskiet is. Dit is hoofnuus op Vrydag 26 Junie 1992. Sy is deur die skut vir ’n rooibok aangesien. Die koeël het van ’n geweerkolf af gereflekteer, wat die impak verminder het, maar nog steeds ’n wond so groot soos ’n man se vuis in haar onderlyf veroorsaak. Die koeël het tot voor haar ruggraat deurgedring en die enigste orgaan wat beskadig was, was haar dikderm, waarvan twee sentimeter ver­wyder moes word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Wednesday 2013-06-19
Please select your area for forecast
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs