News / Soldaat sterf in brand

Die verkoolde lyk van ’n soldaat is Saterdag­oggend in woonkwartiere gekry waar sewe soldate geslaap het.
Sktr. Diale Moses (52) was blykbaar alleen in sy blyplek by die Shamrock-onderoffi­siersmenasie van die ­Potchefstroomse-ondersteuningsbasis toe daar ’n brand ­uitgebreek het. Die brand het ook twee voer­tuie, ’n sleepwaentjie en ’n grasdaklapa verwoes.
Die ander soldate wat saam met Moses in dié tydelike huisies gebly het, was almal blykbaar vir die naweek weg.
Volgens ’n polisiewoordvoerder het die brand Vrydagaand omstreeks 23:00 ­uitgebreek. “Die oorsaak is nog nie vasgestel nie,” sê sers. Philani Nkwalase ­provinsiale polisiewoordvoerder. “Die polisie se ­foren­siese afdeling het die toneel besoek maar die saak word steeds ­ondersoek.” Die skade wat die brand veroorsaak het is ook nog nie vasgestel nie.
Volgens omstanders was die Potchefstroom brandweer sowel as die ­basisbrandweer binne 15 minute op die toneel. “Die ­weermag en Potchefstroom brandweer het omtrent gelyk op die toneel aangekom,” sê die omstander.
Die NWU-Puk se brandweer het ook gehelp om die vuur te blus. Die brand is glo om en by 04:00 eers onder ­beheer gekry.
’n Bron het gesê dat hoewel daar ­bespiegel word dat die basisbrandweermanne ­moontlik dronk was, dit onwaar is. “Hulle het dalk ’n bier of twee gedrink maar hulle was nie dronk nie.”
Die voorval word steeds ondersoek.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Wednesday 2013-06-19
Please select your area for forecast
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs