Nog meesters het uit Potchefstroom aan die 36 ste SA Meesters op Pilditch-stadion in Pretoria deelgeneem en presteer.
Hennie Smit wat Vaaldriehoek by die kampioenskappe verteenwoordig het, het in die mans 45-49 groep ’n eerste plek in die diskus en ’n derde plek in gewigstoot behaal.
Sy vrou, Ina, wat ook Vaaldriehoek verteenwoordig het, het in die 100 en 200 m (groep 45-49) 5de geëindig in die 100 m en 200 m.
Engelina Pretorius het in die groep 45-49 ’n tweede plek in spiesgooi en ’n derde plek in gewigstoot behaal.
Die jongeling tussen die groep, Carmen Meyer, het in die groep 40-44 deelgeneem en ‘n derde plek in die 800 m en ‘n vierde plek in die 1 500 m losgehardloop.
Dié prestasies wat deur die seisoen behaal is, regverdig dat al die atlete onder een vaandel kan deelneem en sodoende aan Sentraal Noordwes (ACNW) die nodige erkenning te bied.
ACNW kan in samewerking met die atlete die meesterska-lender uitbrei en die ACNW meesterskampioenskappe aanbied.