Sondag is die dag wat meeste Suid-Afrika-ners voor die kassie deurbring om die jaarlikse Comrades skouspel in te drink.
Vanjaar staan 19 524 hardlopers op die wegspringstreep om op die maat van Chariots of Fire die 87 ste Comrades te begin.
Uit die hardlopers is 15 176 mans en 4 348 vroue. Vanjaar pak 4 598 hardlopers die moordende wedloop vir die eerste keer aan en 518 van die langasems pak die tog tussen Pietermaritzburg en Durban vir die tiende keer aan.
Twee atlete kyk vanjaar of hulle die wedloop vir die 40 ste keer kan voltooi om daardeur hulle 4de groen nommer te kan kry.
Berts Brick’s van Potchefstroom het 33 atlete wat Sondag bulte met bekende name soos Polly Shorts, Inchanga, Fields Hill, Botha’s en Cowies gaan aandurf. Agt van die 33 pak die stryd vir die eerste keer aan en twee atlete gaan vir groen.
Atlete wat aan vanjaar se Comrades gaan deelneem is:
Nimrod Finger; David Koch, Riaan Boshoff, PC Meyer, Johnny janse van Rensburg, Martie Oelofse, Bonita Enslin, Dinky Derbyshire (Almal hul eerste wedloop), Henro Erasmus, Rolandt le Roux, Tshidi Mochobo, Shadrack Mokorwane, Solomon Tueng, Riaan van Dyk (almal 2de wedloop), Jacque Davel, Corne Koorts, Pule Molobeng, Elton Rennie (3de wedloop), Theo Coetzee, Dean Rosin, Jolanda Rosin (4de wedloop), Renier Barnard, Simon Taudi (6de wedloop), Willie Ackerman (7de wedloop), Elias Mafunjo, Dries Olivier (8ste wedloop), John Mathabela (9de wedloop), Jikase Kolote, Kleinboy Lephuwane (10de wedloop), Peter Mpolokeng (12 de wedloop), Tilla Dalhouzie (14 de wedloop), Okkie Cilliers (15de wedloop), Kuifie Swanepoel (17de wedloop), Gabriel Colyn (21ste wedloop) en Cliff Wallace (22ste wedloop).