• Doctors Without Borders/Medecins Sans Frontieres (MSF) is ‘n organisasie wat vrywillige dokters en verpleegsters na konflikareas of arm/ behoeftige lande stuur om hulp te verleen.
‘n Span van MSF besoek Potchefstroom vanaf 22-26 Mei om fondse te werf. Hulle stal uit in die MooiRvier Mall en probeer om donateurs te kry en ook net blootstelling vir die organisasie.
*Onthou die Oosdopperfees Saterdag 26 Mei. Hier is ‘n boereontbyt, handelshuis, troeteldierskou, varsvleisverkoping, pannekoek, kerrie-en-rys (al die lekker basaareetgoed), ‘n boeke-oase waar tweedehandse boeke te koop is, ‘n jukskei- en vlugbalkompetisie en allerlei vermaak vir die kleingoed.
Die Oosdopperfees vind op die kerkterrein in Paryslaan, Bailliepark plaas. Skakel Adéle Delport soggens by (018) 290 7690 vir inligting.
*Volkies se gewilde wildsfees, (vanjaar is dit die 15de aanbieding) vind Saterdagaand 26 Mei op die skoolterrein plaas. Die wildsfees word voorafgegaan deur die jaarlikse Classic Clash tussen Volkies en Gimmies. Nagenoeg 1 800 mense word verwag. Kom geniet wildspastei, -sosaties en -wors, aartappelgeregte, patatpoffers, groentegeregte en vir die waaghalsiges is daar die eksotiese tafel waar krokodil, vlakvark, eend, gans, tarentaal, fisant, slang en mopaniewurms op die spyskaart is. As jy baie braaf is kan jy deelneem aan mnr. Nollie Meintjies se Fear Factor waar jy bereid moet wees om bloed, longe en hart te eet, maar die wenner stap weg met ‘n blesbok! Vir kaartjies en navrae skakel me. Marthie Kock by (018) 294 5287 of Coenrad Jurgens by (082 948 3995).
*Roots Lifestyle Centre se Village Market en Car Boot Sale vind Saterdag 26 Mei van 08:00-12:00 by 954 MC Roode-rylaan, plaas. Varsprodukte is hul prioriteit. Hier sal jy unieke produkte ( ideaal vir geskenke), brei- en hekelware, skilderye, handwerk en tuisgebakte produkte kry.
Bring items in jou huis wat jy nie meer gebruik nie in jou kattebak na Roots en kom verkoop dit teen R100 per kar. Skakel (018) 285 1222 vir meer inligting of om ‘n stalletjie te bespreek.
*Die Musica-koorfees vind Saterdag 26 Mei by die NG kerk Miederpark plaas. Kore wat optree is die Noordwes-kinderkoor, Girls High School-koor, Nasionale Koorakademie, Molen Chorus en die Puk-koor.
Bespreek by www.artema.co.za of Protea Boekwinkel en Print Café in die MooiRivier Mall.
*Die Nederduits Hervormde Kerk, Die Wilge, in Miederpark, hou Saterdag 2 Junie ‘n modeparade met bruids- en matriekafskeidrokke saam met hulle jaarlikse basaar.
Smullekker eetgoed soos pannekoek, vetkoek, hulle eie Wilgeburgers (‘n roosterkoek met ‘spare-rib’), worsbroodjies en sosaties, pap en kaiings sal te koop wees, sowel as vars vleis.
Ds. Jaap Steenkamp skeer elke jaar ‘n paar vrywillige manne se koppe met ‘n outydse ‘’cut-throat-skeermes’’. Daar is ook iets spesiaal vir die kinders.
Die dubbele modevertoning is om 9:30-10:30 en 11:00-12:00. Ontwerpers wat aan die modeparade deelneem, is Shani van HoiPoLoi, José van José de Canha Couture, Elize van E-Design, Anne-Marie Grobler, Sarie Badenhorst en Tharien van Kyna House of Design.
Die kerk is op die hoek van Waterbok en Vygielaan (tweede straat links na die robot by Maherrystraat, op pad na Miederpark. Skakel ds. Jaap Steenkamp 072 233 6445, of Liza le Roux by 072 442 8515 vir meer inligting.
INTIEM se jaarlikse Couple’s oggend in Potchefstroom.
Datum: 2 Junie 2012
Tyd: 08:30-12:00 (deure maak 08h00 oop)
Plek: Featherhill Spa + Function Venue
Sprekers: Dr. Etienne Kok en Gustav Muller (hoe om die 5 liefdestale te maak werk in jou huwelik)
Seremoniemeester: Dr. Wilme Steenekamp