Home / News / Wéér terugslag vir matrikulant

Jopie Henning (19) het verlede Woensdag wéér ’n terugslag na sy beroerte beleef, maar is die volgende dag uit die hospitaal ontslaan.
“Ons vermoed dit is as gevolg van die reaksie op die hoë dosis antibiotika wat hy drink,” het sy pa mnr. Lourens Henning gesê. Hy drink 36 pille ’n dag. “Maar dit gaan nou weer baie goed met Jopie. Hy is weer homself.”
Jopie gaan Donderdag 3 Mei vir ’n opvolg afspraak na sy neurochirurg. Dít sal bepaal of hy terug skooltoe kan gaan of nie.
Dié matrikulant van Gimmies het op 21 Maart ’n skielike beroerte-aanval gehad toe hy met ’n kunswerk vir visuele kuns besig was.
Hy is eers na Mediclinic geneem waar hy in die ongevalle-eenheid opgeneem is. Die volgende oggend is hy egter na Wilmedpark-hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas waar bloed op sy brein dreineer is.
Jopie is op 29 Maart ontslaan, maar het op 16 April weer ’n terugslag gehad. Hy is met sektorale bloeding en vog op die brein gediagnoseer en eers weer op 22 April ontslaan.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Wednesday 2013-06-19
Please select your area for forecast
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs