Features / Charles, Alphus, Daddy en Simon gesels met Charles

Die Herald gesels hierdie week met Charles Maropela, Alphus Mgeshane, Daddy Seit­lho en Simon Lolwane wat by die Engen­vulstasie langs McDonalds werk.


Hoe lank woon julle nou al in Potchef­stroom?
Charles: 28 Jaar
Alphus: 26 Jaar
Daddy: 24 Jaar
Simon: 18 Jaar


Het jy kinders? Indien ja hoeveel kinders het jy?
Charles: Ja, ek het twee kindertjies
Alphus: Twee pragtige kinders
Daddy: Net een kind vir nou
Simon: Ek het net twee kinders


Waar jy lekker in Potch en hoekom is Potch vir jou ‘n lekker plek om in te woon?
Charles: Die “crime” in Potch is besig om minder te word want ons polisie doen hulle werk.
Alphus: Ja Potch is ‘n lekker plek, baie rustig
Daddy: Die meisies in Potch is baie mooi
Simon: Dit is ‘n baie mooi dorp met baie om te doen


Hoe lank werk jy nou al by die vulstasie?
Charles: 12 Jaar
Alphus: Nog net een jaar
Daddy: Dit is nou al een jaar
Simon: Ek werk al 18 jaar hier


Wat is jou gunsteling kos?
Charles: Pap en vleis
Alphus: Pap en vleis
Daddy: Pap en wors
Simon: Pap en vleis


Wat is jou grootste droom? Die een ding wat jy die graagste in jou lewe wil bereik?
Charles: Ek wil graag eendag my eie “car sales” besigheid hê
Alphus: My eie besigheid begin
Daddy: Ek wil hard werk sodat ek vir my ma en pa ‘n mooi huis kan bou
Simon: Ek wil oor ‘n paar jaar op pensioen gaan en ‘n mooi huis bou en ‘n klein karretjie koop


Wat in die lewe maak jou die kwaadste?
Charles: Ek word nie sommer kwaad nie (en al die ander petroljoggies begin lag)
Alphus: Ek is altyd “happy”.
Mens moet nie jou tyd mors deur kwaad te wees nie
Daddy: Mense wat maak asof hulle beter is as ander mense
Simon: Stoute klein kindertjies wat nie ­luister nie


Wat doen jy in jou vrye tyd om te ontspan?
Charles: Kuier saam met vriende
Alphus: Werk in my tuin en aan my huis
Daddy: Ek “surf” die internet
Simon: Kuier of speel gholf


Wat maak jou die gelukkigste in die wêreld?
Charles: My twee dogters, die een is nou agt jaar oud en die ander een is ‘n jaar en drie maande oud
Alphus: Die mense om my, my vrou, my kinders en my werk is wat my elke dag laat glimlag
Daddy: Mense wat vir my glimlag en vriendelik is maak my gelukkig
Simon: Om gholf te speel maak my gelukkig want dit laat my ontspan


Wat is jou kosbaarste besitting?
Charles: My kinders, beslis
Alphus: My kinders is vir my baie kosbaar, my seun is nou vier en my dogtertjie nege maande
Daddy: My tweejarige seuntjie is my hele wêreld
Simon: My werk is vir my die belangrikste. Want ek ontmoet elke dag nuwe mense.

 

 

 

 

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Wednesday 2013-06-19
Please select your area for forecast
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs