Home / Features / Styging van petrolprys met nege sent was ‘drasties

Dit gebeur min dat ’n brief aan die koerant die bron van ’n hoofberig is. Dit gebeur op 7 April 1992 na die beweerde rassistiese behandeling wat die hoof van die Hoërskool Promosa by ’n privaathospitaal op Potchefstroom ontvang het.

Nes nou was daar toe ook ’n drastiese styging in die petrolprys. Die prys het van R1.43 per liter na R1.52 gestyg. Die opskrif van die berig oor die styging lui: "Drastiese stygings krap inwoners om."

Die polisie was van plan om die verhoogde koste as gevolg van die styging in die brandstofprys te bekamp deur fietspatrollies in te stel. Die minister van Polisie het aangekondig dat 10 000 fietse vir dié doel aangekoop is.

’n Vals lesing by een van die dobbelmasjiene wat toe pas in Potchefstroom in gebruik geneem is, het ’n dobbelaar opgewonde gehad. Hy sou glo volgens die lesing R3000 gewen het. Die kaart waarmee hy gespeel het was egter foutief en die casino-bestuurder het sy opwinding kortgeknip. Dit was ook onmoontlik dat hy so ’n groot bedrag sou kon wen aangesien hy met ’n minimum-bedrag gespeel het.

Die Herald van 10 April 1992 het berig dat ’n bekende Potchefstromer wonderbaarlik aan die dood ontkom het. Mnr. Nico van Eck wat toe areabestuurder van die destydse Volkskas-bank was, het op pad na Johannesburg agter ’n vragmotor by die kruising van die Carletonville-Fochville-pad stilgehou.

’n Ander vragmotor het met ’n spoed van agter teen hom vasgejaag en sy motor onder die voorste vragmotor ingestamp.

Die krag van die botsing het sy sitplek se rugleuning losgeruk en toe hy tot verhaal kom het hy plat op sy rug in sy motor onder die vragmotor gelê.

Hy kon daarin slaag om sy deur oop te skop en het uitgekruip.

Die Paasnaweek van 1992 het die Polisie besig gehou en hoofnuus op 13 April 1992 is dat daar drie motorvoertuie en twaalf trapfietse dié naweek gesteel is. Ses klagtes van huisbraak is ontvang. Twee klagtes van poging tot moord en drie klagtes van verkragting is moes dié naweek ook ondersoek word. Kort op die hakke van beweerde rassistiese optrede by ’n privaathospitaal op Potchefstroom berig dié Herald dat beide die hospitaalbestuurder en die verpleegdiensbestuurder by die inrigting bedank het.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Wednesday 2013-06-19
Please select your area for forecast
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs