Home / Luiperds speel in Mafikeng

Die sweet pêrel op die manne se voorkoppe, tonge begin sleep, maar coach Bossie sê: “ Ons doen dit weer.”

  Die Luiperds het hierdie week met meer vuur geoefen want maande se voorbereiding word Saterdagmiddag in Mafikeng op die proef gestel  wanneer die Luiperds teen die Bulle se Vodacombekerspan ‘n oefenwedstryd speel.

  “Die wag maak ‘n mens dood, ons moet nou begin speel, ons is reg vir die seisoen,” het Brendon Snyman aan die Herald gesê. Onder die spelers is daar ywer om die wedstryde aan te pak.

  Gekyk na die intensiteit van die spelers en die bevrediging op die afrigters se gesigte is daar ‘n senuagtige opgewondenheid oor die seisoen. Saterdag se wedstryd gaan baie vrae beantwoord en ‘n goeie barometer wees vir die seisoen wat voorlê.

  Met druktyd was die beginspan vir Saterdag se wedstryd in Mafikeng nog nie beskikbaar nie.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs