Daar is nou een sakie wat Ore se gewete net wil regstel. Die "skoonhede", eintlik korrek genaamd,
Jooldebutante, het glad nie die optog laat gemaak nie. Dit is wel waar dat die twee laat was. Die tweede
prinses moes vir sowat 500 meter alleen op die mooie motor pronk.
Ore se bron het hom dus van vals inligting voorsien! Vanjaar het die Jooloptog 'n hele vyf minute TE
betyds begin! So kan Ore se gewete nou ook maar net noem dat geen oortydbetaling aan
verkeersbeamptes hoef betaal te geword het nie. Indien dit gebeur het, moet Ore dalk iewers anders
gaan krap (waar dit dalk ook nie jeuk nie).
Ore se gewete wil ook net sê - indien Ore en sy duisende aanhangers dan sodanig lank moes wag vir
die vlotte, moet hulle dalk gerus volgende jaar op 'n ander plek gaan sit waar die vlotte vroeër verby sal
kom.
Die "bottomline" dus: Ek dink dit sal net polities korrek wees om 'n baie groot askies vir die NWU-Puk
se Joolkomitee te sê, want alles het glad en volgens plan verloop. Na alles word Jool tog gehou om die
geld weer in gemeenskapsprojekte terug te ploeg. Die Studente Joolgemeenskapsdiens (SJGD) skenk
jaarliks derduisende rande aan verdienstelike projekte en individue waar die nood hoog is.
As sies Ore man, dalk moet jou gewete meer met jou praat!