Home / Wil nie dié perd meer ry nie

Ek verwys na die berig in die Herald van 27 Januarie 2012 "Gewapende roof by gewilde kuierplek" en "Kuierplek tóé gesluit".

  Aan die eenkant defnitief baie traumaties vir die slagoffers daarvan. Aan die anderkant dalk voordelig as ‘n mens wil ontslae raak van ‘n perd wat jy opgesaal het, en toe nie meer lus is om te ry nie. Veral as jy dit een aand laat oor ‘n paar doppe heen gekoop het.

  Nou sien ek die “eienaar” het die plek “toegemaak”. Maar hierdie “eienaar” ontken dat hy die eienaar is en volgens hom is sy ma die “eienaar”. Maar die “eienaar” is die sub-eienaar!

  Gelukkig het die regte eienaar nou weer Sport Café oopgemaak.

  Wat die “eienaar’ gerieflikheidshalwe nalaat om aan die Herald te meld is dat hy soos ‘n rower in die nag, op ‘n Sondagnag al die meubels van die perseel verwyder waarvan hy nie eers die regmatige eienaar van alles is nie.

Dan los hy die regte eienaar met die gebakte pere van agterstallige huur en ‘n munisipale rekening.

  Maklik om pad te gee as jy niks het om te verloor nie, en met ‘n flou verskoning.

  As elke besigheid moes deure toegemaak het na ‘n rooftog, hoeveel sou oorgebly het? Selfs die “Mall” het in die kort tydjie al ‘n paar beleef, met goeie sekuriteit, goeie beligting en in die middel van die stad.

En o ja, al die boere bly maar op hul plase, selfs na rooftogte en plaasmoorde. Almal wat die slagoffer van ‘n kaping of meer was, ry maar weer rond.

  Dit is jammer dat die “eienaar” nie ook sy kakkerlakke saamgevat het nie: ons het in die army geleer jy los nooit jou maaitjies agter nie. Gelukkig is hulle nou “gedoom”.

  Meneer die “eienaar” jy wil nie jou personeel blootstel aan trauma nie, maar die feit dat hulle nou sonder werk en ‘n inkomste sit, is aanvaarbaar. Na die beste van my wete is daar ook nie afleggingspakkette aan die personeel betaal nie, nog ‘n maklike uitweg.

  Wanneer mens nie meer op iemand se woord kan staatmaak nie, flikker daar rooi ligte soos die “eienaar” se belofte om na 21 dae van “red tape” om nie sy huur te betaal nie, uit vrye wil uit te skakel en dan onderneem om die huur Maandag 23 Januarie te betaal, net om op 22 Janaurie weg te loop.

  Onthou meneer wat jy saai sal jy maai.

  “Run Forest Run”: Wat is jou volgende perd wat jy opsaal en wie gaan daaronder ly?

  Soos die graffiti agter die toiletdeur sê: Peace be with you ……………

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs