News / Vyf ongelukke binne twee ure

Verlede Vrydag was D-dag.

  Met die bui reën wat reënmeters milimeter vir milimeter volgemaak het, het een ongeluk na die ander gebeur.

  Die Herald weet van vyf ongelukke wat bykans binne ’n twee ure plaasgevind het. Die eerste een was ’n botsing op die hoek van Gerrit Dekker en Walter Sisulurylaan naby Gimmies. Niemand is ernstig beseer nie, maar paramedici het wel een van die motorbestuurders vir beserings behandel en hospitaal toe geneem vir waarneming. Die ongeluk het omstreeks 12:20 gebeur.

  Omstreeks 13:05 is ’n voetganger in Ikagengweg raak gery. Sover vasgestel kan word is hy nie ernstig beseer nie maar na die Potchefstroomse provinsiale hospital vir waarneming geneem.

  Sowat 10 minute daarna is daar ’n motorfietsryer in Du Plooystraat omgery. Die vrou is glo nie ernstig beseer nie, maar is wel hospitaal toe geneem vir waarneming.  

  Om 14:00 was daar ook ’n botsing tussen twee karre naby Olënpark. Niemand is egter in dié voorval beseer ni.  Bykans  'n halfuur later om 14:27 was daar weer ’n botsing in Chief Albert Lithulirylaan.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs