News / 8T Sosiale- en besigheids-krieketliga

Sondag 29 Januarie 2012 het die 1ste seisoen van die 8T Sosiaal en Besigheids liga se finaal  plaasgevind te Boys High School.

Eerste wedstryd van die dag het reeds om 7h30 afgeskop en ondersteuners was reg met koffie en opgewarmde stembande.  Ratkas het teen  W.J Engineering gespeel vir  die 3de en 4de plek. Ratkas wen die lood en besluit om eerste veldwerk te doen.  W.J Engineering teken  171 / 7 in 20 beurte aan waarop Ratkas antwoord met 104 / 8  en dus die wedstryd verloor met 67 lopies.

In die tweede wedstyd speel FAB teen No Limit Legands, FAB kolf eersste en teken 141 / 8 aan.  No Limit Legands sorg vir ‘n naelbyt wedstryd en teken 138 / 4 in 20 beurte aan. FAB seëvier met 3 lopies en eindig sewende.

In die Plaat Finaal speel  F.H.M  Strikers teen Mecca Sekuriteit,  F.H.M  kolf eerste en teken 119 / 7 aan in 20 beurte.  Mecca het egter net 18.5 beurte nodig om 125/4 aan te teken en die  plaatfinaal in hul guns te beklink.

Die bekerfinaal breek  aan met die reuk van ‘n heerlike braaivleisie oral in die lug. Showtime Entertainment het gesorg vir die vermaak tydens ‘n kort reënonderbreking.

Die Eagles speel teen  Backyuard Boom in die bekerfinaal.  Backyuard Boom begin die beurt en word beperk tot  77 lopies in 13 beurte, dit stel die  Eagles ‘n teiken van 78 lopies om as wenners gekroon te word. Die Eagles het net 12.1 beurte nodig om die teiken van 78 lopies met net twee paaltjies plat te slaan en as oorwinnaars van die bekerfinaal van die veld te stap. 

Die organiseerders wil net graag die getroue ondersteuners, borge, spelers en Boys High School bedank vir hul samewerking om die liga ‘n sukses te maak.. 

Belangstellende spanne kan Christo  kontak by 082 740 3880 om betrokke te raak in die 2012/2013 weergawe van die liga.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs