Potch-dorp se span kook
Saterdag, 4 Februarie, het die tweede rondte van die 65-beurtkompetisie in die Noordwes Premier A-liga plaasgevind.
Armand Strydom (135) van Merafong-krieketklub, Desmond Tya Tya (132) en Willie Mostert (101) van Impala-krieketklub, was die beste kolwers vir die naweek.
Stefan Gericke (6/50) van NWU Puk-krieketklub het die meeste paaltjies geneem. Marno Pretorius (5/25) van Potch-dorp-krieketklub het ook uitsonderlik presteer.
Opsomming van wedstryde vir die naweek is soos volg:
Impala I teen NWU Pukke (op Puk Oval)
NWU Pukke het die loot gewen en besluit om te boul.
Impala 210/10 in 58.2 beurte
Eugene Serfontein (93), Chris Peyper (59), Stefan Gericke (6/50).
NWU Pukke 190/10 in 57.5 beurte.
Stefan Gericke (77), Lynton Terblance (40), Hannes Erasmus (3/3), Chris Peyper (3/40).
Impala I wen eerste beurt met 20 lopies.
Potch Dorp I teen Ibbies (op Puk)
Ibbies het die loot gewen en besluit om te boul.
Potch Dorp 324/10 in 54.1 beurte.
Andries Huisamen (94), Mike Fielding (81), Wian Jonk (4/54).
Ibbies 89/10 in 25.4 beurte
Dirk van der Spuy (26), Marno Pretorius (5/25).
Ibbies het hulle tweede beurt gaan kolf en kon 95 lopies aangeteken in 15.4 beurte met 5 paaltjies plat.
Potch Dorp I wen regstreeks met vol bonuspunte.
Vaal Reefs teen Taurus (op Victory Park)
Taurus het die loot gewen en besluit om te kolf.
Taurus 230/9 in 65 beurte
Ryno van Rensburg (78), Nic Linde (61), Ockert Gericke (48), Dale Deeb (5/69), Rudolph Heymans (3/41).
Vaal Reefs 159/10 in 37.5 beurte
Johan Grobler (66), Zack Cilliers (3/12), Coetzee Henning (3/28), Nic Line (3/32).
Taurus wen eerste beurt met 71 lopies.
Impala II teen Potch Dorp II (op Olympia Park)
Impala II het eerste gekolf.
Impala II 334/6 in 65 beurte.
Desmond Tya Tya (132), Willie Mostert (101), André Olivier (53*).
Potch Dorp II 157/10 in 50 beurte.
Impala II wen eerste beurt met 177 lopies.
Matlosana teen Merafong (op Nuwe Markotter)
Matlosana het die loot gewen en besluit om te boul.
Merafong 258/10 in 61 beurte
Armand Strydom (135), Clinton Barkley (37), Atif Hussein (3/55), Kylin Vardhan (4/58).
Matlosana kon net 16 beurte kolf, 61 lopies aanteken met 2 paaltjies plat toe reen die wedstryd tot halt bring.
Wedstryd onbeslis.
NWU Vaal teen Lichtenburg (op Verref)
Lichtenburg het die loot gewen en besluit om te kolf.
Lichtenburg wen regstreeks.