News / Praat saam

Van wanner af is die grootste taal wat op "Afrika" afgedwing is 'n 'inheemse Afrika-taal'? Dit gaan my verstand te bowe, Engels is die taal van die verslawer! Beslis geen inheemse Afrika taal nie, so raak ontslae daarvan! - Asb- Coetzee, Potch.

 

Ek is trots "Afrikaans" en Suid-Afrikaans. Ek gee elke taal sy regmatige plek soos in die grondwet omskryf. -Coetzee, Potch.

 

Mooivalleipark sê baie dankie aan raadslid Rumpff Kruger en Elna Grobler vir hul ywer en inisiatief asook Transnet vir die oprigting van die heining tussen ons woonbuurt en die treinspoor. Ore, hulle verdien 'n goue oor.

 

Help asseblief my katjie soek.  Ek het my katte kennels toe geneem toe die een kat geskrik en soos 'n witblits verby my uit die motor gespring en weggehardloop het. Sy is 'n donker bont (tortoise shell) kleur, klein van postuur en swaar dragtig. Sy het weggeraak in Arendstraat reg by die Uilstraat  omgewing. As iemand haar sien kontak my asseblief by 082 348 3714. Ek bekommer my dood oor haar.

 

Well done to the guy's who colour the street in different colours! Wanneer gaan daar iets aan die vrouens gedoen word wat so op die hoek van Avbob sit? Terwyl jy as gesin buite sit en kuier, gaan lê daar vier teen die muur af om hulle nagtelike geld te kan maak. Wat verduidelik jy aan jou kinders. Jy moet oppak en ingaan om hulle nie bloot te stel nie! Jy kan nie slaap soos hulle mekaar met bottels gooi omdat hulle nie betaal word nie! Die hoek lyk septies elke oggend as jy werk toe gaan. Als word oorgevat, tot die kinders se parkie! Dis 'n skande en niks word gedoen!

 

Wie kan die lengte van hierdie woord oortref ? EERSTEJAARSONTGROENINGSBESLUITNEMINGSVERGADERINGVERSLAG. Probeer gerus. Borg ook gerus 'n woord in WAT(woordeboek).

 

Baie dankie aan Game se bestuurder en personeel vir uitsonderlike diens. Ek het gesukkel om 'n lessenaar aanmekaaar te sit en vir Sello geskakel by Game geskakel. Die volgende dag was hy hier en my probleem opgelos. Dankie Debbie.  

 

Ek wil net graag weet al die motbolle en gif in Miederpark SPAR? Is dit normaal so tussen die suiker-, rys- en meelrakke?

 

As jou advertensie staanbord met die advertensie wat lees: "Special. Burger & Chips + 750 ml Rosè wine R50-00" verlede week weggeraak het, kan jy nou maar ophou soek. Dit staan en adverteer steeds die special teen 'n akkerboom in Tomstraat net voor Venterstraat. Ongelukkig weet niemand waarheen om te gaan vir die special nie want jou besigheid se naam is nie op die bord nie. Of was dit net 'n Jool special en is die tyd vir besigheid verby?

 

Mevrou met die blou motor wat op 6 Januarie die hondjies by die parkie in Michael Heynsstraat Dassierand opgelaai het. Was dit jou hondjies? Ek dink jy het my klein swart hondjie ook opgelaai. Sy is soos ons kind en ons verlang baie na haar. Wil jy my nie asb skakel by 082 802 5912 sodat ek haar kan kom haal nie.

 

Geluk en baie dankie NWU, Joolkomitee en studente! Die vlotte was pragtig, die optog netjies en die eerste jaars stokflou, maar glimlag en groet ewe ordentlik! Trots op ons Alma Mater!

 

Waarom het die Puk se innamesyfers ten opsigte van eerstejaars drasties geval? Waarom verlaat baie eerstejaars koshuise tydens O&B? -Visser.

 

As 'n jong meisie met 'n onskuldige gesig en valhelm in die hand vroegoggend of laataand aan die voordeur klop met die storie dat haar motorfiets sonder brandstof staan, moenie geld gee. Dis 'n slenter waarmee sy van area tot area gaan.

 

Ek wonder net wat gaan gebeur as die Puk nog gaan uitbrei? Vanoggend half  agt ry ek van die dam op pad Mediclinic toe. By die 1ste hek van die Puk staan die ry om in te draai, twee blokke ver, maar dit is niks in vergelyking met die ry karre wat vanaf Dassierand se rigting kom nie! Daai tou was tot by Mediclinic! Ek kon dit nie glo nie! Kan iemand dalk 'n oplossing vir die verkeer kry of moet almal maar voetslaan of fietsry? Wat van 'n busdiens? Sal die verkeersmense bietjie daar gaan help asseblief? -C.K.

 

Ek wil ook deelneem aan die petisie teen vuurwerke!!

 

The PUK's superficial effort of 'transformation on grounds of marginalisation of 'numbers' is a total and clearly observable failure, as it's not based on internal conviction. This relates to race, gender, disability and O&B, etc. -Mukondelele.      

 

Puk personeel en studente kan nie vry en krities dink nie as gevolg van 'n verstokte NWU en Puk-topstruktuur. -Sitimi.  

 

Het die ektor, 'n visi-rektor of studentedekaan die begrafnis van die verdronke student tydens die Puk se ontgroening bygewoon? -Antie, OB.  

 

'n Haan hoort nie in 'n dorpsgebied nie! Ek het nog nooit oor toekomstige bure se mure gekyk of hul hane het nie! Gee die haan vir mense op 'n plaas. "Antie haan".

 

Wil lankal weet hoekom die winkels bedags wemel van weermaglede. As hul niks te doen het nie kan hul gerus die sypaadjies in en om die weermag skoonmaak. "Wil ok weet".

 

Ons is verheug dat iemand eindelik die nood van 'n welsynsorganisasie raakgesien en onder die gemeenskap se aandag gebring het! Ons vertrou dat aanbiedinge van hulp gaan instroom of iemand dalk 'n grassnyer aan Childline sal skenk! Die berig sal beslis ook onder die aandag van die munisipaliteit, wat vir die onderhoud van sypaadjies verantwoordelik is, gebring word. Childline se kontaknommer is (018) 297 4411.

 

Aan die personeel van Fish Aways - dankie vir julle vriendelike diens en bereidwilligheid om vinnig nog ‘n honger kliënt te help? Selfs na toemaaktyd terwyl julle reeds die plek skoonmaak. Dit getuig van werktrots en skitterende diens! Giep en Marietjie.

 

Ai, wat 'n plesier was dit nie om vandag, in ons dorp te wees nie! Die Jool was pragtig en wat my die meeste opgeval het, is die ondersteuners langs die paaie! Almal braai en kuier en gesels! En raai wat? Nêrens word daar gemors nie! Net jammer die stadraad het nie al die asdromme voor die tyd leeggemaak nie! Ek is regtig trots op die joolgangers! Kan die mense wat sulke groot feeste in ons dorp hou nie probeer om ook so netjies te kuier nie? -C.K.

 

Dit is vir my baie lekker om in Van der Hoffpark se P n P inkopies te doen, al woon ek omtrent aan die oorkant van die dorp! Baie dankie vir 'n netjiese skoon winkel en vriendelike, netjiese, hulpvaardige personeel. Hul bedien jou altyd met 'n vriendelike groet en glimlag ! Dankie. Doen so voort . -Tannie HB.

 

Dankie aan die personeel by 'car wash world' wat teerskade aan my motor herstel het. Vriendelike diens.

 

The drowning of Thabang Makhoang and the hospitalisation of another male student after an obstacle race which were all part of the Puk's O'B leave many questions regarding the Puk's perception of 'culture' and 'tradition' and challenges the Puk's milieu and mentality. -Wilhelm.

 

Hoe werk dit? In November 2011 betaal jy R150 p/kg vir biltong by Friendly Grocer op die Bult, en op 31 Januarie 2012 wil ek weer biltong koop, en die meisie sê die prys is R180 p/kg. Ek kies 'n stukkie om te kerf, en nadat sy dit geweeg het, is die prys sommer R249 p/kg! Die arme studente is mos terug! Nee mense, dit is mos nou skelm! Geen vleis kan in so 'n kort rukkie met soveel persent styg nie! Verbruikers moet asseblief hul pryse kontroleer by Friendly Grocer, want 'n produk op die rak se prys is laer as wanneer dit deur die kasregister gaan, want almal kyk mos nie wat hul betaal nie! Dit is "day-light robbery"! Kry jul nie skaam nie, eienaars van Friendly Grocer?

 

Rakende straatname, sal dit nie die beste oplossing vir die probleem wees as elke huis net sy eie straatnaam en no. op die muur sit nie soos bv. dié Van Riebeeckstraat/Peter Mokaba inwoners gedoen het nie, en wat daarvan as die munisipaliteite van Potch en alle dorpe tussen 24:00 & 4:00 soggens straatligte afsit om sodoende krag te bespaar nie?

 

Dit is seker die derde somer dat die dorpsbiblioteek se lugverkoeling buite werking is, wat 'n skande! Ja, ek noem dit skande, want as 'n mens daaroor kla, of navraag  doen, kry jy een of ander flou verskoning. As die kontrakteur wat dit moet diens dit nie kan doen nie, maak asb 'n ander plan, dit is onuithoudbaar!

 

Wat is 'n paar crackers nou twee keer 'n jaar? Kan nou sien hoe kla die mense oor die geraas by Jool. Raak rustig en drink 'n yskoue dop. Ben.

 

Dan wil ek ten laaste ook sê dat ek God vir Ewig dankbaar is dat ek nog al die geluide kan hoor.

 

Hoop iemand baie honger het die Pizza gekry wat ek 1 uur en 50 min nadat ek dit bestel het nie meer wou hê nie. Scooters, ek het toe reeds my kinders kos gegee en in die bed gesit.

 

Tshiamo Moena, Gr 1 learner at Central School, you may be the smallest learner at our school, but you are the greatest teacher of all. Teaching us about being brave... I salute you.

 

Ons leef in 'n mooi land. Swart en wit kan in vrede hier saamwoon, sonder om mekaar te vertrap, te haat, seer te maak,te besteel, te benadeel. Baie dankie aan almal, wit en swart, wie dit reeds doen. God sal u seën daarvoor. Aan al die ander : Komaan mense, julle kan, probeer en wys dit net. Liefde en vrede is veel beter as haat, nyd en vergryping. Saam kan ons van ons land die mooiste, beste en veiligste land in die wêreld maak. Kom ons doen dit !

 

Ek wil net graag vir Mandie van die DBV sê dankie vir jou vriendelikheid en dat jy so behulpsaam was tydens ons besoek by julle!  

 

Ek wil weet: sou julle oor die DA-plakkate gekla het as dit twee wit mense was?  No, I don't think so. Sien jy die ou of vrou se privaatdele? No, I don't think so. Die probleem lê maar by julle mense. Julle is mos dieselfde mense wat E-tv laat op 'n Saterdagaand kyk, of hulle self blink suip, en hulle vrouens of kinders rond slaan en/of vloek. If you don't like it, don't look at it.

 

Really?  Vets do charge way too much for their services. And by saying that people who can't afford vets shouldn't have pets - hmmm! Doesn't make sense. It's like saying you can't drive your car cause the petrol is expensive. Or that you can't eat anymore because the food prices are rising.

 

Kan die veearts net sy onkruid-begroeide plaveisel asb skoonmaak. Ek het amper my hond verloor.

 

Ek wil net op Ore se comment van die girl wat Dinsdagoggend omstreeks 11:30 die stompie uit haar klein Chevy karretjie uitgeskiet het! Ek is amper doodseker ek was daai girl, maar wil net vra waar jy wil hê ek moet my stompie sit, dalk op my voorkop, omdat my klein Chevy nie 'n asbakkie het nie!

 

Baie dankie aan Tannie Lizzy en die personeel van Total Kampus wat my bankkaart vir my gehou het tot ek besef het ek het hom verloor! Waardeer dit vreeslik!

 

Ek geniet die verskeidenheid sport in die Herald deesdae. Lekker om die Luiperds van nader te leer ken. –Hannes.

 

Smoking in public places including restaurants is prohibited! Ocean Basket is one of the worst offenders. Cafe Presso's owners also had the same don't care attitude till we contacted the National Anti-Tobacco Organisation- problem solved!

 

Ag nee Huis Eikelaan, hoekom het jul die bome voor die saal so versies! Boonop die enigste skadu vir besoekers! -H.

 

Ek stem, die badkamers by West Acres is vieslik vuil en van die klerewinkels is so bedompig weens stukkende aircons, mens wil nie meer daar koop nie. Hoop sentrum bestuur word wakker!

 

Hannes, daar is vele items wat wettig gekoop kan word, maar dit is nie te sê dit is altyd wettig om dit te gebruik nie. Afvuur van jou klappers in 'n munisipale gebied is onwettig sonder toestemming. Seker nie so moelik om dit te verstaan nie, ne?

 

Verwys na 'Hiv Patient raped at Potch Hospital' Herald 3 Febuarie 2012. Die gedrag van verpleegsters wat in 'regstellende aksie' aangestel is, is skrikwekkend! Sulke barbaarse gedrag het ek ondervind selfs in die 'beste' hospitaal in Potch!  'Sekere' verpleërs het geen morele waardes of respek vir siek mense nie! Dit is als 'Nuwe Suid-Afrika' se skuld! -Gienne Potch.

 

Rit met die bloutrein hy bly maar mooi. Ek het op laer Suidkus op die banana express smalspoor trein gewerk. Ek was die toerisme-bestuurder daar. Mense het altyd vir die kinders lekkers gegooi as die trein so teen 10 kilometer per uur verbygaan, maar die uitlanders het nie geweet hulle moet lekkersgooi nie dan gooi die kinders die trein met klippe. Vir hulle was dit Americans vs Indians en as daar nie met klippe gegooi was nie het hulle klagte ingedien dat die Indiane nie hulle werk doen nie.

 

Korreksie OFM Bash: Gimmies vs Volkies was nie uitspele vir Nasionale Skole T20-kompetisie nie. Uitspele vir Potch-streek was einde 2011 tussen Gim en HTS Potch.

 

Die inwoners van oewersig langs die Mooirivier, wil net die stadsraad bedank vir die manier waarop hul gereageer het op ons versoek dat alle vullis en takke uit die rivier verwyder word! So van hardwerkend en effektief het ons lanklaas beleef! Die Mooirivier is nou weer mooi en die Gimmiegat weer skoon! Baie dankie! -Miekie.

 

Ons vra baie mooi die persoon wat klappers in Touer Court woonstel skiet asb respekteer ander mense ook.

 

Baie dankie aan Central Veearts vir hul hulp met ons twee honde wat vreeslik siek was. Aan die behulpsame dokter aan diens Woensdagmiddag 1 Februarie en Bonny wat my met liefde en hope geduld kom help het, jul is puik! -Wyllie.

 

Ek stem saam. Studentehuise is baie verwaarloos en die grasse staan kniehoogte. Bel my as jy wil uitvind van behuising 083 261 4121. Ek is nie 'n eiendomsagent nie, maar werk tussen die plekke.

 

Kan ons nie maar "PRAAT SAAM" na "KLA SAAM" verander nie? Vra maar net .

 

Ons lees van studente wat oorlede is op kampus, maar behalwe dit, laat laasjaar was daar hoeveel studente wat ongelukke 2 tot 3 uur die oggende gehad het. Kyk bietjie in die dag hoeveel studente koop drank. Doen julself 'n guns spandeer so 30 min voor enige bottelstoor op die bult. Ek sê maar niks verder nie. Pukke sal die studente moet aanvat oor die Drank en Kuier. -Tony-potch.

 

 

 

 

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs