Home / Hier is 'n paar blink idees...

Een van die SMS'e in die Herald van 20 Januarie gaan oor die vuilheid en slordigheid van ons stad.

  In vergelyking met 12 ander Suid-Afrikaanse dorpe is Potchefstroom die swakste daaraan toe, meen 'n gesin wat pas uit die buiteland hier in SA getoer het. "Dis 'n skande dat alles so moet verval", sug die persoon wat die SMS gestuur het.

  Ek woon baie na aan Esselenstraat op die bult. Waarskynlik die vuilste straat in Potchefstroom. Ek stel voor dat daar by elke winkel meer as een keer per dag skoongemaak word. Dit geld ook onder die randsteen in die klein uitgemerkte parkeerareas.

  Ook dat kennisgewing in vinnige opvolging in huise se posbusse op die Bult geplaas word waarin huiseienaars gevra word om voor hulle wonings skoon te maak.

  En derdens dat pamflette in Afrikaans, Engels en Tswana by herhaling aan passasiers in taxi's gegee word waarin versoek word om nie rommel te strooi nie, maar in vullishouers te plaas.

  Die aantal vullishouers in die stad, maar veral in Esselenstraat en in Steve Bikolaan, moet ook drasties meer gemaak word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs