News / Sakekamer-projekte lyk goed

Die Potch-Tlokwe Sakekamer wat einde verlede jaar gestig is verdien ondersteuning vir die projekte waarop hulle in 2012 wil fokus.

  'n Skoner en aantrekliker Potchefstroom sal almal graag wil hê.  Mens hoef maar net na die Herald se SMS-lyn te kyk om te sien hoeveel opmerkings daaroor is.  Veral die ingange na die stad en ons parke lyk soms baie sleg.  In lesersbriewe kla Potchefstromers ook gereeld oor die netheid van die stad.  By hierdie projek ingesluit, is seker ook pogings om grootskaalse herwinning van afval ingestel te kry.

  Een van die projekte, naamlik om die ontwikkeling van die Hoëveldpark weer op koers te kry, is 'n groot hap.  As die sakekamer net met hierdie projek beduidend kan vorder, sal hulle reeds baie hê om op trots te wees.  Die ontwikkeling van die park, wat met soveel ywer en opgewondenheid 'n paar jaar terug begin is, het net skielik tot stilstand gekom.  Dit is allerweë beskou as 'n wonderlike toerisme-attraksie en selfs Sanparke was aanvanklik deel van die ontwikkeling.  Voeteslepery, die bou van 'n vullisterrein op 'n deel van die grond waar die park sou kom en grondeise het Sanparke waarskynlik laat stoom verloor.  Die bal is nou in Potchefstroom en sy mense se hande en, so word verstaan, daar is baie Potchefstromers met baie kennis en gewilligheid om te help.

  Uitbreiding van infrastruktuur is ook 'n uiters belangrike projek want dit gaan uiteindelik ook bepaal hoeveel en watter soort ontwikkeling die stad hierheen kan lok.  Dit gaan ook bepaal hoeveel werksgeleenthede hier geskep kan word.

  Om deel te wees van die suksesvolle oplossing van bogenoemde uitdagings gaan die sakekamer ondersteuning nodig hê.  Hierdie is projekte in belang van die stad - op die kort- en langtermyn.     

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs