Home / Minderjarige se uitwysings nie as bewysstuk in ET-

Minderjarige se uitwysings nie as bewysstuk in ET-verhoor

vermeende moordenaar ure ná die moord gedoen het, gaan nie as ’n

bewysstuk in die verhoor toegelaat word nie, is gister hier in die rondgaande hof beslis.

  Uitwysings wat mnr. Chris Mahlangu (31) gedoen het, sal egter wel

toegelaat word, het regter John Horn beslis. Hy sal later redes gee vir dié beslissing in die binneverhoor oor die toelaatbaarheid van die uitwysings.

  Mnr. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag,

het gesê die minderjarige se uitwysings is maar een bewysstuk te midde van talle ander in die staat se “baie sterk” saak. “Die saak is nog nie verby nie.”

  Mnr. Zola Majavu, die minderjarige se regsverteenwoordiger, het die

beslissing as “’n oorwinning” bestempel, maar gesê daar lê nog “harde

werk” voor.

  Die minderjarige was 16 toe hy en Mahlangu die AWB-leier glo op 3 April

2010 onverhoeds oorval en met ’n panga en ysterpyp doodgeslaan het op sy

plaas naby Ventersdorp.

  Die minderjarige se regspan het aangevoer sy regte is geskend deurdat

bepalings in die Wet op die Beregtiging van Kinders nie nagekom is nie. Dit het ingesluit dat ’n proefbeampte hom nie binne 24 uur ná sy arrestasie geasseseer het nie en die ondersoekbeampte ’n onderhoud oor die misdaad met hom gevoer het, sonder dat sy ma teenwoordig was. Sy klere is verwyder terwyl hy vir ure net ’n onderbroek gedra en “dun” kombers om hom gehad het, het die hof gehoor.

  Die aanvanklike ondersoekbeampte, lt.kol. Tsietsi Mano, het erken hy was nie bewus van die bepalings in die genoemde wet toe die mindejarige

gearresteer is nie. Die wet het op 1 April 2010, twee dae voordat

Terre’Blanche vermoor is, in werking getree. Die minderjarige het luidens

hofgetuienis gesê hy wil “die waarheid praat omdat hy jammer voel vir sy

ma”, voordat hy uitwysings gedoen het. Sy ma, ‘n ongeletterde alkoholis,

het haar kop in ongeloof geskud terwyl haar seun die uitwysings gedoen het, is getuig.  

  Adv. Kgomotso Tlouane, vir Mahlangu, het aangevoer sy kliënt se regte is gebrekkig aan hom voorgehou weens tolkprobleme en onakkurate

verduidelikings. Die twee beskuldigdes is die nag ná die moord (voor die

uitwysings) boonop wakker gehou, is aangevoer.

  Die staat het teruggekap dat albei beskuldigdes se regte ten minste drie keer in Tswana aan hulle verduidelik is en dat hulle gesê het hulle verstaan dit.

  Die feit dat ’n proefbeampte die minderjarige nie binne die voorgeskrewe tyd geassesseer het nie, sou volgens die staat nie ’n verskil in die ondersoekproses en uitwysings gemaak het nie.

Die staat het verder beklemtoon dat die minderjarige van ’n uiters ernstige misdryf verdink word en sy regte nie met opset of kwade bedoelings

geskend is nie.

  Albei beskuldigdes het die uitwysings vrywillig gedoen en die gevolge,

naamlik dat dit in die hof teen hulle gebruik kan word, deeglik besef, is

getuig.

  Die verhoor duur tot môre, maar sal nie afgehandel wees nie en na ‘n

verdere datum uitgestel word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs