News / Bêre liefs jou skootrekenaar

Diefstal van skootrekenaars is aan die toeneem in Potchefstroom en veral studentehuise is 'n sagte teiken.

  Die polisie in Potchefstroom se waarnemende sektorkoördineerder, kapt. Marais Ras, sê dit is besig om ’n groot kopseer vir die polisie te raak. “Skootrekenaars word dag en nag gesteel. Ons weet dis warm en mens is geneig om jou vensters oop te los, maar neem net al jou waardevolle artikels voor vensters weg."

  Hy het voorts gesê sommige studentehuise is baie klein en soms word lessenaars teen vensters geplaaas omdat daar meer lig inkom. Dit maak dit juis  makliker vir skurke om jou skootrekenaar en al jou waardevolle goed te steel. “Hulle loop net verby die venster, steek hul hand bloot deur die diefwering en gryp wat hulle kan. So loop hulle van venster tot venster.”

  Dit is, volgens kapt. Ras, jaar na jaar ’n algemene probleem en dit is asof alle waarskuwings deur die polisie net op dowe ore val. “As jou lessenaar voor ’n venster is en jy het klaar studeer, bêre jou skootrekenaar of maak net die venster toe.” Hy het verder gesê dieselfde geld vir waardevolle items in karre. “Mense los steeds duur items in hul motor waar dit sigbaar is. Wanneer hulle terugkom, is hul kar se ruit gebreek en die item weg. Almal sê altyd dat hulle net gou in ’n winkel ingehardloop het, maar dit neem net minute om iets uit jou kar te steel.”

  Hy het voorts gesê die polisie patrolleer gebeide, maar skurke kruip agter hoë mure weg en wag tot die polisie weg is. “Die publiek is ons oë en ore. Ons vra julle samewerking om betrokke te raak. Skakel ons as daar enige verdagte naby jou blyplek is, ons sal uitkom.”

 Kapt. Ras waarsku ook die publiek om nie gesteelde skootrekenaars te koop nie. “As jy ’n skootrekenaar vir R1 000 koop en jy weet dit is veel meer werd, moet dit nie koop nie. As dáárdie rekenaar in jou besit gevind word, het jy moeilikhied. Die deler is so goed soos die steler.”

  Kapt. Ras het ’n nommer beskikbaar gestel wat die publiek 24-uur vir bystand kan skakel. Die nommer is 082 416 0923.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs