Geen skoliere is blootgestel aan die liggaam van ‘n 22-jarige vrou wat haarself onder ‘n paviljoen op dié skool se terrein opgehang het.
Familielede het glo vroeg Sondagoggend op haar liggaam afgekom. Geen verdere besonderhede kan oor dié voorval kan bekend gemaak word weens die sensitiwiteit daarvan.
Die skoolhoof van Volkies mnr. Blackie Swart, het gesê hulle verneem van hierdie voorval en respekteer die familie se nagedagtenis. “Hulle het my Sondagoggend geskakel en na die toneel ontbied. Die vrou het egter geen verbintenis met die skool nie,” het hy gesê.
Mnr. Swart het voorts gesê hulle was baie geskok oor die saak maar dat geen leerders darem blootgestel is aan die voorval nie.