Twee seuntjies tussen die ouderdom van ses en agt jaar het die afgelope naweek in die Boskopdam buite Potchefstroom verdrink.
’n Woordvoerder van ER24, mnr. André Visser, het gesê die kinders het Saterdagmiddag 4 Februarie omstreeks 13:00 van ’n natterige skoorwal tot in die water gegly en was nie onder toesig toe die voorval plaasgevind het.
Vir die kinders het hul prettige dag het egter in ’n treurspel ontaard nadat beide kinders glo gelyktydig met die skoorwal afgegly het en nie weer uit die water gekom het nie.
’n Ooggetuie het glo opgemerk dat hulle nie uit die water kom nie en dadelik bystand ontbied. “Toe ER24-paramedici op die toneel opdaag, het die kinders reeds verdrink,” sê Visser.
Ao. Mpho Manyoba, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdrinking word ondersoek.