News / Rowers pas skoene aan

Die polisie ondersoek ’n saak van besigheidsroof nadat daar by die Potchefstroomse buiteklub en Pro Shop ingebreek is.

  Dié voorval het tussen 22:00 Sondagaand en 03:00 Maandagoggend gebeur nadat ses rowers die buiteklub se sekuriteitswag oorrompel het. “Die sekuritietswag beweer dat ses gewapende mans hom oorrompel en op die grond gedwing het,” sê ao. Mpho Manyoba, woordvoerder van die polisie. “Die rowers het daarna sy hande en bene glo vasgebind waarna hulle hom geblinddoek het.”

  Manyoba het voorts gesê dat die sekuriteiswag ook glo met ’n vuurwapen gedreig is. Die eienaar van die Pro Shop het Woensdag aan die Herald gesê dat die rowers sóveel tyd gehad het dat hul selfs hul regte skoengrootte uitgesoek het. “Toe ons Maandagoggend hier aankom, was alles deurmekaar en die skoene het die wêreld vol gelê.”

  Die rowers het blykbaar toegang tot die dak gekry deur dit met slyplemme op sowat ses plekke oop te sny. Hulle het daarna in die dak geklim en die antenna van die alarm geknip.

  Die rowers het ook ’n groot houtkas aan die agterkant van die toonbank weggeskuif om by die versteekte muurprop uit te kom. “Ek weet nie hoe hulle geweet het dat daar ’n prop is nie, maar hul het die slyplemme dáár ingeprop om die twee kluise oop te sny.”

  Die rowers het ’n doek voor die toonbank gehang sodat niemand hulle van buite af kan sien nie.

  Die traliedeur is ook uitgebreek en die glasdeure oop forseer waardeur die rowers vermoedelik ontsnap het.

  By die buiteklub is daar egter niks gesteel nie. “Ons vermoed die alarm het hulle afgeskrik,” het die waarnemende bestuurder van die buiteklub gesê. Die rowers het wel toegang deur die dak van die buiteklub gekry en gate is wel in die plafon gemaak, blykbaar opsoek na die antenna van die alarm.

  Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs