Home / Vrou val uit bewegende kar se venster

Nooddienspersoneel in Potchefstroom moes Saterdagoggend bontstaan nadat die noodlot ongelukke soos 'n sosatie ingeryg het.

  Die eerste ongeluk het nooddienswerkers reeds douvoordag (05:30) uit die vere gehad waar 15 mense in 'n taxi-ongeluk beseer is. Die taxi-bestuurder beweer hy het vir ’n bok wat oor die pad gehardloop het, uitgeswaai waarna hy beheer oor die taxi verloor het. Die taxi het die pad verlaat, gerol en in die veld op sy kant beland. Die pasiënte is op die toneel vir verskeie beserings waaronder nek- en rugbeserings behandel.  Niemand is ernstig beseer nie.

   Skaars 'n halfuur later, net ná 06:00, is paramedici na Nelson Mandelarylaan ontbied waar ’n 22-jarige vrou beseer is nadat sy uit ’n oop venster van ’n bewegende kar geval het. Sy het na bewering op die rant van die oop venster gesit toe sy gegly en geval het.

  Volgens ao. Mpho Manyoba, woordvoerder van die polisie, is die bestuurder op die toneel in hegtenis geneem. “Die polisie ondersoek ’n saak van bestuur onder die invloed van alkohol.” Die ongeluk het oorkant Chubby Chick gebeur. Paramedici het die beseerde vrou na Potchefstroom-hospitaal geneem.

  ’n Voetganger is dood nadat hy Saterdagoggend deur ’n Mini Cooper agter die MooiRivier Mall in James Morokastraat omgery is. Die ongeluk het omstreeks 09:00 gebeur nadat die voetganger glo die pad wou oorsteek en reg voor die Mini ingeloop het. Hy is op die toneel behandel en na Potchefstroom-hospitaal geneem. Mnr. Nico Masiu, 'n woordvoerder van die hospitaal,  het gesê die pasiënt is omstreeks 11:35 in die hospitaal se trauma-eenheid opgeneem.

  Volgens Masium het die pasiënt ernstige kopbeserings en beserings aan sy linkerbeen opgedoen en was sy toestand kritiek. Hy het egter 14:15 aan sy beserings gesterf.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs