News / In 1992 was droogte en politiek witwarm

In 1992 was Potchefstroom in die greep van ’n versengende droogte. Die Herald van 4 Februarie 1992 berig dat dit toe die droogste in 68 jaar was en dat dit voorheen in 1953 minder in Januarie gereën het as in 1992. Dit was ook die derde ergste droogte sedert daar in 1914 begin is om waarnemings by die Weerstasie te doen.

  Hoofnuus van dié koerant is dat die Bailliepark-poskantoor moontlik gaan sluit. Dit het glo “groot polemiek” in die gemeenskap veroorsaak en selfs ’n nadraai in die stadsraad gehad. Die parlementslid vir Losberg, adv. Fanie Jacobs, het hom ook teen die sluiting uitgespreek. Die daaropvolgende Herald het berig dat die poskantoor wel oop gaan bly.

  Nadat swart inwoners gemaan is om uit die strate te bly, het die AWB se Ystergarde Saterdag 1 Februarie 1992 deur Ventersdorp marsjeer. Dit was die eerste keer dat dié “spesialiseenheid” in die openbaar te sien was. Geklee in swart uniforms met swart maskers is dié groep gelei deur mnr. Eugene Terre’Blance op ’n perd. Hulle is vergesel van sowat 400 lede van die Wen- en Boerekommando’s.

  Veranderings op die Suid-Afrikaanse politieke terrein tydens 1992 het positiewe resultate vir die Potchefstroomse Universiteit ingehou. Dit is hoofnuus op 7 Februarie 1992. In ’n onderhoud met die Herald het die destydse rektor van die Puk, prof. Carools Reinecke, gesê dat “vorige jare se akademiese boikotte en isolasie nou plek gemaak het vir openhartige en spontane uitnodiging tot samewerking”.

  Die komende parlementêre tussenverkiesing op Potchefstroom bly steeds voorbladnuus. Op 4 Februarie 1992 berig die Herald dat die kandidaat vir die Nasionale Party mnr. Theuns Krüger gesê het dat daar ’n ontnugtering op die Konserwatiewe Party wag.

  Die volgende Herald berig oor ’n politieke debat op die Puk-kampus wat deur sowat 1 500 studente bygewoon is. Die twee kandidate in die verkiesing het aan die debat deelgeneem en die ekonomie, sport en kultuur was van die besprekingspunte.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs