Home / NWU-Puk gaan nie omstrede plakkaat versprei

Hewige reaksie is ontlont nadat ‘n plakkaat van die DA studenteorganisasie (Daso) om ‘n bewustheid vir die organisasie te skep, die lig gesien het.

  Horde gebruikers van die sosiale netwerk Facebook het gegons oor dié werwingsplakkaat waarop ’n wit man en swart vrou met kaal bolywe mekaar omhels. Die slagspreuk op die plakkaat lei: “In ons toekoms sal jy nie twee keer kyk nie.”

  Die plakkate sou van Maandag af op elke kampus in die land opgesit word. Daar sou ook glo strooibiljette met dieselfde foto en boodskap daarop uitgedeel word.

  Mnr. Makashule Gana, DA-jeugleier het glo gesê hy sal die plakkaat verdedig met alles wat hy het. Volgens hom maak mense ’n onnodige bohaai oor twee halfkaalmense op die plakkaat.

  Die doel van die plakkaat is glo om mense te laat dink hoe die toekoms kan lyk waar ras nie ’n kwessie is nie.

  “Dis ’n veldtog wat deur die DA se nasionale jeug van stapel gestuur is. is,” sê ’n woordvoerder van Daso van die NWU-Puk. “Ons het wel die plakkate ontvang, maar as gevolg van ’n gesamentlike besluit van die provinsiale leier, provinsiale jeugstrukture asook die LP-kiesafdeling en die provinsiale direkteur het ons besluit om nie die plakkate te versprei nie. Ons teikenmark gaan nie by hierdie plakkate baatvind nie.”

   Intussen het ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in ‘n verklaring gesê is daar talle ander maniere waarop die DA sy nie-rassige ideaal kon uitdruk, anders as deur ’n plakkaat wat die boodskap van seksuele losbandigheid uitdra. “Dié plakkaat is walglik en ’n belediging vir talle jong mense, wit en swart, wat ‘n hoë premie op moraliteit plaas,” luui die verklaring.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Thursday 2012-02-23
Please select your area for forecast
CPT 16° - 24° icon
PTA 21° - 34° icon
JHB 19° - 32° icon
BLOEM 12° - 28° icon
DBN 22° - 28° icon
PE 17° - 24° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs