Home / Oud-Gimmie in koma na ongeluk

“Pappa, ek gaan aangaan,” het Armand Botha nog onlangs aan sy pa gesê nadat hy dit oorweeg het om sy studies aan die Puk te staak.

  Maar ‘n motorbotsing die afgelope naweek het die 19-jarige student in ’n koma gelaat.

  Die ongeluk het Saterdagoggend omstreeks 04:20 by die verkeerslig op die hoek van Retief-en Govan Mbekirylaan naby KFC gebeur.

  “My kind was ’n passasier in die voertuig. Hulle het van die Bult af gery en wou regs by die verkeerslig in Retiefstraat draai,” sê mnr. Hans Botha, Armand se pa. “Die verkeerslig was groen en die bestuurder van die motor waarin Armand was, het vermoedelik voor ‘n aankomende motor ingedraai wat die kant waar Armand gesit het, getref het. 

  Armand het sy linkerbeen sowel as sy bekkenbeen gebreek. Hy het inwendige bloeding en ernstige kopbeserings opgedoen.

   “Daar gaan dalk breinskade wees,” het sy pa Woensdag aan die Herald gesê. Hy is sedert die ongeluk in ’n koma.

  Hy is na die ongeluk eers na die Potchefstroom-hospitaal geneem en daarna na Tshepong-hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas.

  “Ons het nie ’n mediese fonds nie en kon hom eers Dinsdag oorgeplaas kry na die Wilmedpark-hospitaal waar hy tans in die intensiewe-sorgeenheid is. Hy is darem Dinsdagmiddag van die ventilators afgehaal,” vertel sy pa.

  Volgens ao. Mpho Manyoba, woordvoerder van die Potchefstroomse polisie, word ’n saak van roekeloos en/of nalatige bestuur ondersoek.

  Awie Wright Prokureurs in Potchefstroom het ’n trustfonds namens die familie gestig om te help met Armand se mediese kostes. “Dit gaan ons baie geld kos,” het Aramand se pa gesê.

  Mense wat ’n bydrae wil maak kan mnr. Malan Schutte by 082 892 2687 skakel vir die bankbesonderhede.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Thursday 2012-02-23
Please select your area for forecast
CPT 16° - 24° icon
PTA 21° - 34° icon
JHB 19° - 32° icon
BLOEM 12° - 28° icon
DBN 22° - 28° icon
PE 17° - 24° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs