Potchefstroom Gimnasium:
Hoewel die skool nie ‘n 100% slaagsyfer met hul 191 leerlinge kon behaal wat verlede jaar die matriekeindeksamen voltooi het nie, het Potchefstroom Gimnasium (99,47% slaagsyfer) wel sewe leerlinge onder die top-20 kandidate in Noordwes opgelewer.
Die skool spog met die meeste vakonderskeidings (*375) in Noordwes en is tweede in die provinsie onder die skole wat die meeste kandidate gelewer het met universiteitstoelating (92,06%). Sewe leerlinge is onder die top-20 leerlinge in Noordwes.
Ses leerlinge het elk nege onderskeidings behaal, vyf het agt behaal, 11 spog met sewe onderskeidings, 13 behaal ses onderskeidings en tien leerlinge kry vyf onderskeidings. Veertien leerlinge kry vier onderskeidings en 20 behaal drie onderskeidings. Die skool se topleerling is Lisa Hoffman wat ook sewende onder die top-20 in Noordwes was. Rinemaré van Schoor was met 98,3% die beste presteerder in wiskunde in die provinsie.
9 onderskeidings:
Mariechen Basson, Lisa Hoffman, Anja Nel, Maria Stassen, Wicus van der Westhuizen.
8 onderskeidings:
Olivia Conradie, Monica Jansen van Rensburg, Belinda Meyer, Yolandi Naudé en Magdalene Putter.
7 onderskeidings:
Ettiene Boshoff, Bertus Brand, Stephanus Cloete, Andrea Combrink, Lené Ferriera, Marietjie Jacobs, Jan Abraham le Roux, Jana Lotter, Bronwyn Payne, Marie Serfontein, Rinemaré van Schoor.
6 onderskeidings:
Mareli Bester, Johanna Dreyer, Petro du Toit, Timoné Grobler, Emile Jansen van Rensburg, Bertie Kruger, Johanna Pretorius, Frans Prinsloo, Sané Rens, Elizabeth Rousseau, Wynand Smith, André van Staden, Dané Vermeulen.
5 onderskeidings:
Roné Benade, Sophia Carlse, Marna Conradie, Christelle de Klerk, Lericia Golden, Daniëlle Hart, Willem le Grange, Ryan Liebenberg, Arthur McKinnon, Vernice Steenkamp.
Hoër Volkskool:
Volkies het verlede jaar 210 leerlinge gehad wat die matriekeindeksamen afgelê het en het ‘n 99,52% slaagsyfer behaal.
Die skool het wel nie kandidate in die top-20 in Noordwes opgelewer nie, maar het 10 leerlinge onder die top-100 kandidate in die provinsie gehad.
Van die 210 matriekleerlinge het 136 (64,76%) met universiteitstoelating geslaag en die skool het 231* vakonderskeidings behaal. Die skool se beste presteerder is Johan Mostert wat 33ste onder die top-100 presteerders in Noordwes was.
Twee leelinge behaal agt onderskeidings, 9 behaal sewe onderskeidings, agt leerlinge spog met ses onderskeidings, 11 het vyf onderskeidings, tien behaal vier onderskeidings en tien leerlinge kry drie onderskeidings.
8 onderskeidings:
Pieter Senekal en Stef-Bart Steiner.
7 onderskeidings:
Niël Erasmus, Johanita Greyling, Dries Grimbeek, Elria Hurn, Danélle Meintjes, Johan Mostert, DP Roets en Annemarie Wentzel.
6 onderskeidings:
Marco Basson, Rozanne Bouwer, Danelle de Beer, Ingrid de Ridder, Elana de Wet, Chanél Etsebeth, Joretha Prinsloo en Alecia van Tonder.
5 onderskeidings:
Marlene Botha, Bianca de Klerk, Pieter Grimbeek, Claudine Jordaan, Pieter Linde, Dalene Odendaal, Karren Oosthuizen, Esmé Smith, Ro-Alga van der Merwe, Jansen Vermeulen en Michelle Viviers.
Hoër Tegniese Skool:
By Hoër Tegnies skryf 117 leerlinge die matriekeindeksamen en 99 slaag wat aan die skool ‘n 85% slaagsyfer gee. 27% van die leerlinge het met universiteitstoelating (graadstudies) geslaag, 51% slaag met toelating tot diplomastudies en 21% slaag met toelating tot sertifikaatstudies.
Die skool behaal 9* vakonderskeidings waaronder Afrikaans (3), LO (3) en wiskunde geletterdheid (3). By Hoër Tegnies is wiskunde en fisiese wetenskappe verpligtende vakke.
Die skool se toppresteerders is Alicia Bronkhorts en Bonita Muller elk met drie onderskeidings in Afrikaans (add.taal), lewensoriëtering en wiskunde geletterdheid.
3 onderskeidings:
Alicia Bronkhorst, Bonita Muller.
Hoërskool Ferdinand Postma:
Vir die 12de agtereenvolgende jaar het Ferdies ‘n 100% slaagsyfer behaal – die enigste skool in Potchefstroom wat dié prestasie kon behaal. Uit die 70 matrikulante van Ferdies wat die eindeksamen afgelê het, het 81,15% matriekvrystelling (toegang tot graadstudies) verwerf en ‘n verdere 18,84% het toegang tot diplomastudies behaal. Die skool verwerf... onderskeidings.
Twee leerlinge het sewe onderskeidings behaal en drie spog met ses onderskeidings. Die skool het ook drie leerlinge wat onder die top-100 in Noordwes is.
Die skool se beste presteerder is Roxy Sullivan wat in die 73ste plek onder Noordwes se top-100 kandidate beklee.
7 onderskeidings:
Roxy Sullivan en Matt Johnston.
6 onderskeidings:
Toinet Cronjé, Geoffrey de Brouwer en Melandri Labuschagne.
Die skool het nie vyf of vier onderskeidings opgelwer nie, maar... behaal drie onderskeidings.
Potchefstroom High School for Girls:
Potchefstroom High School for Girls boast a 100% pass rate for the sixth consecutive year. 103 candidates wrote the matriculation examination last year and all passed with an average of 89,7%. 151* distinctions were achieved and 86,4% of the learners passed with university admission.
One learner obtained eight distinctions, two learners boasted with seven distinctions, two got six distinctions and three learners got five distinctions.
The school’s top candidate was Claudia Nunes who obtained eight distinctions and was placed 32nd out of the top 100 candidates in North West.
8 distiinctions:
Claudia Nunes
7 distinctions:
Lucrecia Maboane and Dineo Tiro.
6 distinctions:
Alice Petronio and Olebogeng Moloto
5 distinctions:
Ithabeleng Selebalo and Ntombi Ngaba
Boys High:
Potchefstroom High School for Boys matric class of 2011 obtained 28* distinctions and had a pass rate of 97,26%. The school’s best achiever was Luthando Jona who obtained seven distinctions. Luthando was also amongst the top 100 best performers in North West while three students acieved three distinctions.
47,88% of the candidates obtained university exemption (degree studies), 45,07% for dimploma studies and 7.04% for sertificate studies.
7 distinctions:
Luthando Jona
Photos of Boys High’s achievers will appear in next week’s edition.