News / Hy was ’n ou vol grappies

 “Toe my broer die grond tref, was ek by hom. Maar hy het nie asemgehaal nie. Terwyl ek ER24 bel, stop daar ’n vrou in ’n ambulans by ons. Sy het baie gehelp tot die paramedici op die toneel gekom het,” sê Jaco van Graaff.

  Sy tweelingboer, JP van Graaff (26) van Potchefstroom, is op 19 Desember op die hoek van Govan Mbekirylaan en Chris Hanistraat oorlede nadat sy motorfiets teen ’n Nissan Sentra gebots het. Jaco was ’n ent agter hom ook op ’n motorfiets toe die ongeluk gebeur het.

  “My broer was iemand wat van laatslaap gehou het,” sê Jaco. En die oggend van 19 Desember, ses dae voor Kersfees sou JP van Graaff (26) sy tweelingbroer by hul oom se huis vir koffie kry.

  “Ry solank, ek sal jou daar kry,” het JP vir Jaco gesê.

“Ek het nie dadelik na my oom toe gery nie en het eers ’n draai by ’n ander plek gaan maak,” sê Jaco. Op pad na sy oom, net toe hy uit Nelson Mandelarylaan in Govan Mbekirylaan indraai, het hy JP se motorfiets verby die Dros sien ry.  

  By die T-aansluiting van Govan Mbekirylaan en Chris Hanistraat het die bestuurder van ’n Nissan Sentra langs die pad stilgehou en glo op ’n selfoon gepraat. Die bestuurder het ’n u-draai gemaak en vermoedelik  voor JP se motorfiets ingedraai waarna hy haar motor op die voorkant getref het.

  Die impak het JP oor die enjinkap van die motor geslinger, teen die windskerm vas waarna hy etlike meters deur die lug getrek het voordat hy op die teerpad beland het. Paramedici het probeer om sy lewe te red, maar JP het kort daarna aan sy wonde beswyk. 

  “My broer het nie vinnig gery nie. Ek was agter homs. Daar is gerugte dat die motorfiets se naald op 280 km/h vasgesteek het, maar dis nie waar nie. Sy motorfiets het nie eers ’n naald nie, hy het ’n elektroniese spoedmeter.

  “Hy het van die nuutste valhelms opgehad. Dít het van bo-af onder toe oopgebreek. As ek dit op my kop sit en ek maak dit vas, trek dit steeds maklik af,” sê Jaco. “My broer se valhelm was vasgemaak en hy was nooit ’n man wat vinnig gery het nie.”    

  Volgens Jaco was die motorfiets se vurk nie eens gebuig nie en die wiel ook nie stukkend nie. “Gewoonlik buig die motorfiets se vurk en die wiel breek wanneer dit iets met spoed tref.”

  Die familie sal JP altyd onthou as ’n ou vol grappies. “Hy was altyd, altyd blymoedig. Nooit kwaad nie. Ons gaan hom baie mis.”

  Die familie wil die paramedici bedank sowel as die verpleegsuster wat eerste op die toneel gestop het. “Ek weet net sy is suster Mandie. Sy het baie gehelp en ’n paar keer gebel om te hoor hoe gaan dit. Ons waardeer dit geweldig.”

  Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, was daar drie insittendes in die motor. “Hulle is deur paremedici behandel, maar het ligte beserings opgedoen,” het sy gesê.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Thursday 2012-02-23
Please select your area for forecast
CPT 16° - 24° icon
PTA 21° - 34° icon
JHB 19° - 32° icon
BLOEM 12° - 28° icon
DBN 22° - 28° icon
PE 17° - 24° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs